Toerisme

Twee rugsaktoeriste verken 'n stad.
'n Toeris neem foto's van 'n argeologiese plek.

Die woord toerisme het 'n wye betekenis. Dit het meestal te doen met mense se besoek aan 'n plek van belang, gewoonlik nadat daarheen gereis is, welke geval dit plaaslik of internasionaal is.

"Toerisme", soos alle vorme van ekonomiese aktiwiteit, ontstaan ​indien 'n aantal noodsaaklike voorwaardes vervul is. Daar word drie noodsaaklike voorwaardes uitgesonder:

  • Mense moet voldoende vrylik besteebare inkomste hê, dus geld wat aan ander doelwitte as wat nodig is vir lewensonderhoud bestee kan word;
  • tyd om vry te spandeer;
  • infrastruktuur in die sin van akkommodasie, voeding en vervoer.

Verder moet die gesondheid van die indiwidu reis toelaat, en moet daar 'n persoonlike motivering wees om te reis. Die meeste lande het 'n aantal beperkende voorwaardes aan buitelandse reise, soos bv. voorkomende inentings en bewys van genoegsame persoonlike fondse (geld) om selfversorgend te wees in die vreemde land.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search